
=====================================================================
Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Hoe praat jy met tieners?

---------------------------------------------------------------------
'n Boek met dagstukkies vir tieners deur Ronell Bezuidenhout het onlangs 'n lewendige polemiek uitgelok. Wat na vore gekom het, is die 
vraag: hoe praat jy met tieners?

IN haar boek Was my lewe maar 'n somervakansie s ds. Bezuidenhout God is 'n au pair, 'n raver en 'n surfer.

Prof. Lina Spies van Stellenbosch het die polemiek begin toe sy beswaar gemaak het teen hierdie metafore, wat vir haar gevoel die beeld van 
die Skepper se almagtige en verhewe goddelikheid skaad.

Ds. Bezuidenhout het in 'n preek verduidelik dat as sy God beskryf as 'n herder "dit nie regtig ore sal laat spits nie". As sy tieners wil 
inlig oor God se versorging van die mens is die kans gering dat die stadskinders in haar gemeente die begrip herder behoorlik sal verstaan. 
Hulle ken vandag eerder 'n au pair. Vandaar di metafoor.

Ds. Bezuidenhout se uitgewer s haar boek verkoop soos soetkoek. Uit lesersbriewe van tieners in die koerante na aanleiding van die 
polemiek het geblyk dat hulle tuis voel by die trant van die skrywer se betoog.

In die polemiek, waaraan ook in radioprogramme aandag gegee is, kon nie konsensus bereik word nie. Die menings oor watter metafore 
aanvaarbaar is om die beeld van God op tienervlak nader aan 'n jong leser se ervaringswreld te bring, was onversoenbaar.

Konsensus oor kommunikasie met tieners  waar die grense moeilik bepaalbaar is en verskillende fases veranderinge meebring, soos di tussen 
vroeg- en laattiener  word deur so 'n komplekse en gelade onderwerp soos die godsdienservaring bemoeilik.

Hoe is dit gesteld met kommunikasie in die alledaagse omgangswreld? Vlot 'n gesprek met tieners beter as hul eie kenmerkende segswyses 
gebruik word?

Aldr Lategan hanteer by Human & Rousseau jeugfiksie. Sy s: "Vandag in ons land, wat 'n baie klein boekmark het en nog 'n kleiner mark vir 
Afrikaans, probeer ons as uitgewers dat 'n boek se teikenmark so groot as moontlik is  d.w.s die algemene mark, hopende dat ons 'n deel 
van die oorblywende skoolmark kan tref en dan ook die gebrekkige biblioteekmark. Daar l dan die knoop wat betref veral taalgebruik en die 
uitbeelding van die werklikhede waaraan vandag se tieners blootgestel word.

"Die onderwyser wat die boek moet kies, wil nie gekonfronteer word met seks, vuil taal en harde dwelms nie. Die bibliotekaris staan effens 
verder verwyder as 'n onderwyser in die intiemer klassituasie en kan meer openhartig daaroor wees, maar dan kan dit gebeur dat die ouer van 
so 'n biblioteekgebruiker op die bibliotekaris afklim omdat die ouer sekere leesstof vir sy kind nie goedkeur nie. Daarom is sommige 
bibliotekarisse ook lugtig vir te openhartige ontboesemings.

"In die eerste plek vra ek 'n sterk storie (of argument, wanneer die geskrif niefiksie is) wat lekker uitdagings aan die lesers se 
intelligensievlak stel. Soos ook tieners het ek 'n geweldige hekel aan iets wat didakties of moraliserend is.

"Karakters moet voorts praat in die taal van vandag se tieners, maar talle skrywers het geen benul wat in tieners se koppe aangaan en hoe 
hul alledaagse omgang verloop nie. Hulle probeer kunsmatig vasstel hoe tieners praat en dink en doen, en slaan die bal dan heeltemal mis. 
Skrywers wat vir tieners skryf, moet maak soos skrywers wat oor 'n bepaalde etniese groep wil skryf: hulle moet maande lank noue kontak met 
lede van die groep h. Tieners kom gou agter as die skrywer uit voeling is of geen aanvoeling het nie, maar tog oppervlakkig op hul vlak 
byderwets probeer wees. En dan moet humor nooit onderskat word nie.

"Opsommend: Kn in die eerste plek tieners en praat dn eers hulle taal. Hierdie taal moet funksioneel wees, in hul verwysingsraamwerk pas, 
maar gee hulle MEER as dit: daag hul intelligensie uit en onthou 'n skootjie humor, wat slim moet wees. Skryf VIR tieners, nie OOR hulle 
nie."

Louise Steyn, wat in bevel van kinder- en jeugboeke by Tafelberg is, s daar is 'n gaping tussen die uitgewer en die verbruiker wat dit 
moeilik maak om presies te weet wat by die tienerleser byval vind. Dit lyk nie asof tieners self boeke koop nie, gevolglik is die 
biblioteekassistent wat boeke uitleen, beter in staat om te oordeel wat in 'n jong leser se smaak val. Maar ook hier kan 'n bevinding 
maklik misleidend wees. Voorkeure speel dikwels 'n rol. Die assistent wat godsdienstig is, sal byvoorbeeld daarop let hoeveel godsdienstige 
boeke uitgeleen word en onbewus wees van ander omdat hy/sy nie spesifiek in hulle belangstel nie.

Wat opgeval het by 'n seminaar oor die jeugboek wat verlede jaar in die Bellville biblioteek gehou is, was die menings van 'n paneel 
leerders van die Paul Roos Gimnasium wat op uitnodiging saam met hul Afrikaansonderwyser, die skryfster Riana Scheepers, die geleentheid 
bygewoon het. Hulle was skerp krities oor die meeste boeke wat onder bespreking was en veral ontevrede oor die voorgeskrewe boeke, wat 
hulle as die dood in die pot en outyds bestempel het.

Oor die skrywer Francois Bloemhof was hulle egter besonder geesdriftig en veral oor sy Slinger-slinger, wat verlede jaar opspraak gewek het 
omdat Tafelberg dit op aandrang van 'n drukgroep uit die ATKV se wedstryd vir jeuglektuur onttrek het. Die jong lesers het di boek beskou 
as 'n eerlike poging om hul wreld weer te gee en meen dat die skrywer om hierdie rede daarin slaag om werklik met hulle te praat.

Steyn s Bloemhof gee in sy jongste werk, Die dae toe ek Elvis was, wat eersdaags verskyn, die enkelouerprobleme van vandag weer. Daarin 
laat hy die alleenma tienertaal met haar seun praat. Die jongeling vind dit baie vermaaklik!

Francois Bloemhof meen: "'n Skrywer het net een plig en dis om stories te skryf wat mense graag wil lees. Ek kyk eerstens wie my mark is en 
wat hulle wil h  en dan moet ek die regte taal gebruik. Tieners se eie taal is al taal wat hulle wil hoor: geen hiperkorrektheid tog nie. 
Het ek dan nie self prekerigheid gepes toe ek 'n tiener was nie?

"As dit by tienerboeke kom, kwel ek my nie of die taal okei gaan afgaan by grootmense nie, want ek skryf nie vir hulle nie. Met my volgende 
boek vir volwassenes verander die rels dalk weer. Daar s rels. Tieners raak maklik gerriteerd, en met reg, wanneer hulle in boeke afkom 
op frustrerend 'normale' wesentjies wat nie 'n knie verkeerd sit nie, te alle tye 'n voorbeeld vir die gemeenskap is en nooit-ooit 
nikotien, alkohol, 'n skewe woord of sleng oor hulle lippe laat kom nie."

Riana Scheepers bied op Stellenbosch 'n gewilde skryfskool vir seuns en meisies van gr. 10 tot gr. 12 aan. Sy het haar groep om hul menings 
oor bevredigende kommunikasie tussen volwassenes en tieners gevra. Uiteraard is die skrywer/tiener-verhouding nog iets anders, maar taal 
bly immers taal. Hier volg van di menings:

"As jou onderwyser in tienertaal met jou praat, kom mens agter hoe groot die generasiegaping rrig is."

"Ek dink 'n onderwyser moet met kinders praat soos met enigiemand anders. As kinders nie van sy/haar persoonlikheid (of praatwyse) hou nie, 
kan niks eintlik daaraan gedoen word nie. Om anders te praat maak geen verskil nie."

"Soms kry 'n mens die indruk dat die Juffrou/Meneer t hard probeer om die klas aan haar/sy kant te kry deur tienertaal te gebruik."

"Ek verkies nie di soort taal nie. 'n Mens hou nie van 'n volwassene wat probeer om 'in' of 'cool' te wees nie."

"Ons praat nie met ons oumas in hul ouderwetse taal nie. Hulle hoef dan ook nie te probeer om soos ons te praat nie."

"Dit hang van die persoonlikheid van die persoon af. Oor die taalgebruik van die jeug moenie gedink word nie  dit moet net gebruik word."

Scheepers kom tot di slotsom: "Ek dink die belangrikste wat uit my gesprek met hierdie tieners na vore gekom het, is dat 'n volwassene te 
alle tye natuurlik moet wees en NIE moet probeer om 'oulik' te wees as hy/sy met tieners praat nie. As daar soms 'n slengwoord of wat 
inglip en dit is eie aan die volwassene se spraak, dan kla niemand nie. Maar die oomblik as jy bewustelik probeer om die tieners se 
sosiolek te deel, is jy nie meer geloofwaardig nie." A.v.N.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7227.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

